horBar

Rest of World Outreach

28 September 2009

Van Peet Simonis

AL MEER GAAN HELP OM DIE CHINESE TE BEREIK

 

Hierdie twee Afrikaanse vroue het twaalf jaar lank in die “geheim” sendingwerk in China gedoen en duisende mense na Jesus gelei. Uiteindelik is hulle “uitgevang” en was gelukkig om nie tronk toe te gaan nie. Hulle is gedeporteer verlede jaar en  mag dus nie meer teruggaan China toe nie.

ladies

Dit was n voorreg om na Joan (diep in die 70’s) en Iris (diep in die 80’s) te luister wat ons ere-gaste was by ons “LOVE CHINA” byeenkoms in Somerset-Wes.
As die twee dit kon doen – wat van ons jongeres?
Ons het met dankbaarheid en n gevoel van verering vir die Here geluister na hulle getuienisse en ek glo julle sal vorentoe nog baie meer van hulle hoor.
Die twee het talle foto’s uitgestal wat hulle in China geneem het, maar  hierdie een het my die meeste getref:

ladyensun

Die foto laat my dink aan n skildery wat ons dekades gelede ook by Love China-byeenkomste in Suid-Afrika gebruik het. Dit was toe ons gereed gemaak het om n miljoen Bybels in een operasie in Sjina te help inkry.
Die byskrif daarby was iets soos: “He aint heavy, Father – he’s my brother!”
En dis mos eintlik wat ons instelling gaan wees in hierdie aksie om Chinese in Afrika vir Jesus te bereik met die Evangelie:
This is not a burden to us Lord! You gave your life for them. If they accept the Gospel that we will share with them, they are our brothers and sisters!
Die volgende foto wys twee van die Chinese gelowiges van Kaapstad (Gary en Sarah) wat ons Somerset-Wes byeenkoms bygewoon het. Hulle was stralend gelukkig en het na die byeenkoms met Chinese Nuwe Testamente en my boek in hand, vertel hoe baie die aand vir hulle beteken het.
ladyenmanBy Goudini naby Worcester, was ons derde LOVE CHINA byeenkoms. Daar was baie boere en hulle vroue en ander wonderlike kinders van die Here uit die omgewing. Hulle gasvryheid, liefde en lekker kos was uit Sy milde hand en so ook die spontane bydrae van R2 700 vir die “werk”.
Dit was n wonder dat die Here my instaat gestel het om darem te kon praat by die geleenthede, want my stem was gladnie lekker nie.
Toe ek vir genesing gebid het, het die gedagte by my opgekom: “As ek nie kan praat nie, sal die Here maar self moet praat!”
- “Dis wat Ek in elk geval nog al die jare doen, my kind!” My genade is vir jou genoeg – My krag word in swakheid volbring!”

Ek het ook gevoel die Here laat toe dat my stem “grootliks” weg is sodat almal wat hoor, sal weet dit is Hy wat die groot dinge doen en aan Hom alle eer. In onsself is ons so swak – laat ons nooit staatmaak op die vlees nie, maar ook hierdie projek aanpak in Sy Naam en krag – nie ons eie nie. In onsself is ons net n asempie ...maar in Hom in staat tot alles!
En so het die Here Homself kragtig bewys by aldrie ons LOVE CHINA byeenkomste in Suid-Afrika tot dusver en ook die een in Zambië.
Die eerste hier te lande was Maandagmiddag 21 September by die Lewende Woord kerk in Pretoria.
Sedertdien het ek entoesiastiese reaksie gekry en uitnodigings om ook elders en veral by Chinese groepe, te kom deel wat die Here ons gewys het.
Ek sal Hom maar weer aan die woord stel – selfs al is my stem dalk teen daardie tyd gesond!
Hierdie byeenkomste – soos die een in Zambie was:
1.        Om vir elkeen wat gekom het een of twee Chinese Nuwe Testamente te gee.
2.       Dit was om gelowiges in te lig oor die groot geleentheid wat die Here ons gee om te bid en die strome Chinese wat Afrika toe kom met die Evangelie te help bereik.
3.       Dit was om onsself voor te berei en te versterk in die Here sodat ons die werk in Sy Naam en krag sal kan doen.
Met die oog daarop het elkeen wat kom luister het, ‘n eksemplaar van my boek gekry waarin dit uitgestip word hoe wonderlik dit is as ons in en deur Jesus en Sy geregtigheid en deur Sy bloed in die heiligdom ingaan waar God ons Vader al so lank op ons wag.
Dit bring op die duur totale transformasie in ons lewens soos daardie teks beloof: “As iemand in Christus is, is hy n nuwe skepsel – die ou dinge het verby gegaan, kyk, alles het nuut geword!”
Al die byeenkomste en my boek, tel as mini-opleidings. Dit is om die Here se werkers gereed te maak vir die uitvoering van hierdie taak en om sommer ook van  hulle eie lewens n FEES te maak!
Ons visie is:
God stuur baie van die Chinese na Afrika om Hom hier te kom ontmoet en toegerus te word om later terug te keer na hulle eie land as “sendelinge”!
Daarom wil ons hulle help toerus met die volle (Nuwe Verbond) Evangelie wat daarop gefokus is om in persoonlike, lewendmakende en lewegewende verhouding met ons Hemelse Vader te wees deur Jesus en Sy geregtigheid.
-          Gebruik asseblief nou die geleentheid om jou te verdiep in daardie boek en n studie te maak van die GEREGTIGHEID (right standing with God and holiness) wat ons deur geloof in Jesus verkry. Dis nie genoeg om die boek en die kennis te hê nie. Pas dit toe!
Lees asb maar jou ou Afrikaanse vertaling as jy die woord geregtigheid wil raaklees en uit die geheel konteks wil verstaan wat dit beteken. Ons praat van die geregtigheid wat Noag gekry het oor Hy God geglo en die ark gebou het, wat Abraham gekry het toe hy God geglo het en talle ander voorbeelde.
Nou is dit ONS kans om God te glo en regverdig (righteous) verklaar te word in Christus.
Die regverdige (the righteous) sal deur geloof lewe!
Dit geld vir elke situasie in ons lewe – nie net vir die uitreik na die Chinese toe nie.
Wat sê jy?

- Peet Simonis